Vroueregte

Duitse verkiesingsplakkaat van 1919: "Frauen! Gleiche Rechte, Gleiche Pflichten" (Vroue! Gelyke regte, gelyke pligte).

Vroueregte is die regte en aansprake wat aan vroue en meisies in 'n bepaalde gemeenskappe toegestaan of deur hulle opgeëis word. Hierdie regte kan in wetgewing verskans wees, maar kan ook in mense se gedrag en gebruike waargeneem word. Mense wat vir vroueregte veg word vroueregte-aktiviste genoem.

Tipiese vroueregte wat nie altyd universeel aanvaar word nie, sluit in:

  • stemreg;
  • reg om 'n sekere werk te kan doen (tipiese mans-werke, soos konstruksiewerk);
  • reg op 'n regverdige loon en gelyke betaling vir werk;
  • die reg op liggaamlik outonomie (b.v. reg om haar huwelik en seksuele relasies self te bepaal);
  • reg om eiendom te besit;
  • reg op onderwys.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search